Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Welkom by Wikipedia,
Donderdag, 21 Februarie 2019
Hier is tans 71 980 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n Afrikaanse wêreldklas-ensiklopedie te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Bluebg.png

Cscr-featured with ring.svg
Voorbladartikel
Stowford Cider uit Herefordshire, Engeland.

Sider of appelbier is die generiese naam vir verskillende soorte gegiste sap en wyn wat van appels of pere gepers is. Die woord is afgelei van die Hebreeuse sjékár wat eintlik "sterk drank" beteken. Ook die Griekse sikera en Latynse sicera verwys eerder na geesryke dranke. Die Romeine het hul olyf- en wynperse aangepas vir die maak van vrugtewyn. Die Afrikaanse sider is van die Nederlandse cider (Middel-Nederlands sidere) afkomstig, wat op sy beurt weer 'n Franse leenwoord is.

Daar is argeologiese bewyse wat staaf dat antieke beskawings in Europa en Asië al omtrent 6500 v.C. kennis van sidermakery gehad het. Oor die eeue heen het mense fynere tegnieke van sidermaak ontwikkel en meer aandag gegee aan sekere faktore wat die smaak van sider beïnvloed.

Die Romeine het reeds 'n verskeidenheid wyne wat van vrugte gemaak is geken, veral in die geweste waar gewone wyn nie verbou kon word nie. Hulle het ook appelwyn gegis om 'n alkoholiese drank te verkry wat volgens Romeinse bronne egter slegs geneeskundig aangewend is.

Die oudste Europese verwysings na sider of appelwyn dateer uit die tydperk tussen die 6de en 8ste eeu n.C. Teen die 6de eeu n.C. was daar reeds bekwame brouers wat naas bieragtige dranke ook sider gemaak het. In Wes-Europa is sider reeds sedert die middeleeue gepers; dokumente uit die tyd van Karel die Grote (omtrent 800 n.C.) lys appelwyn as een van die produkte wat op sy landgoedere gemaak is. Karel self het moeite gedoen om die produksiemetodes en sodoende ook die gehalte van appelwyn te verbeter. Aangesien die drank aanvanklik meestal van wilde appels en pere gemaak is, is dit met baie heuning soet gemaak – die wilde vrugte se suikergehalte was te laag om hulle te laat gis.

In die 11de eeu is die eerste siderperse in die Noord-Spaanse Baskeland volgens die voorbeeld van olieperse ontwikkel om zagardua te produseer, die Baskiese variant van sider wat veral deur vissers as 'n soort geneesmiddel gedrink is om skeurbuik te voorkom. Sagardo, soos dit tans in die Baskeland bekend staan, of sidra, soos dit elders in Spanje genoem word, het later ook in die Franse geweste Normandië en Bretagne gewild geraak.

Eufemia von Kudriaffsky verduidelik in haar boek Die historische Küche (Die geskiedenis van die kookkuns), wat in 1880 in Wene, Pest en Leipzig verskyn het, dat die 16de-eeuse Engelse sider uit die graafskap Hertfordshire nie met die huidige soorte sider vergelyk kan word nie. Hierdie sider behoort tot die gewildste dranke in die Elisabethaanse tydperk en sou volgens 'n destydse kenner die mond "brand soos vonkelwyn, die vlam trek soos nafta en die maag verwarm soos brandewyn".

Die huidige sider uit Engeland en Ierland is – soos die Franse cidre normand en die Spaanse cidra eerder 'n soort gedeeltelik vergiste mos. Daarenteen is die Duitse Apfelwein 'n egte alkoholiese drank wat tydens die winter daar ook heet en met heuning en Calvados vermeng gedrink word. By Trier word dit ook der Viez genoem en in Hesse Appelwoi. Amerikaanse sider is gewoonlik alkoholvry (sweet cider) of word duidelik as alkoholiese drank gemerk (hard cider).

...lees verder

Bluebg.png

HSAktuell.svg
In die nuus
Karl Lagerfeld in 2014

Bluebg.png

HSVissteduatt.svg
Het u geweet...

... dat die Bastille, een van Parys se geskiedkundige bakens, nie meer bestaan nie? Dit is tussen 16 Julie 1789 en Oktober 1790 deur Pierre-François Palloy afgebreek.

... dat die Ellis Park-stadion nie na William Webb Ellis vernoem is nie? Dit is vernoem na 'n Johannesburgse stadsraadslid mnr. J.D. Ellis wat die grond vir die oprigting van die stadion beskikbaar gestel het.

...dat die Gautrein se spoorwydte van 1 435 mm breër is as die standaard 1 067 mm Suid-Afrikaanse smalspoor in die res van die land. Dit is só gekies om die trein se stabiliteit te verseker teen sy topspoed van 160 km/h.

Bluebg.png

HSDagensdatum.svg
Vandag in die geskiedenis

21 Februarie: Internasionale Moedertaaldag; Presidentsdag in die Verenigde State.

Michail van Rusland

Bluebg.png

HSBild.svg
Voorbladbeeld
Bome in die Namibiese Dooievlei (ca. 550 jaar oud).
Bluebg right.png
Vind artikels
Vista-xmag.png

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Lesotho  Mosambiek  Swaziland  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Politiek  Sport  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Psigologie  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Bluebg right.png
Wikipedia in ander tale
Gnome-globe.svg


Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
CebuanoDeutschEnglishEspañolFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaWinarayTiếng Việt中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Українська
Weergawes met meer as 500 000 artikels
العربيةCatalàفارسیNorsk (bokmål)‬Српски / srpski
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БългарскиČeštinaEsperantoEuskaraSuomiMagyarՀայերենBahasa Indonesia한국어Bahasa MelayuRomânăSrpskohrvatski / српскохрватскиTürkçe
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AzərbaycancaБеларускаяНохчийнCymraegDanskΕλληνικάEestiGalegoעבריתहिन्दीHrvatskiქართულიҚазақшаLatinaLietuviųBaso MinangkabauМакедонскиNorsk (nynorsk)‬Simple EnglishSlovenčinaSlovenščinaதமிழ்ไทยاردوOʻzbekchaVolapükBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 50 000 artikels
AfrikaansAsturianuتۆرکجهБеларуская (тарашкевіца)বাংলাBrezhonegBosanskiGaeilgeKreyòl ayisyenÍslenskaBasa JawaКыргызчаLëtzebuergeschLatviešuMalagasyമലയാളംमराठीनेपाल भाषाOccitanPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)ScotsShqipతెలుగుТоҷикӣTagalogТатарча / tatarça粵語

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia


Bluebg right.png
Susterprojekte
Wikimedia-logo.svg
Commons-logo.svg Commons
Vrye media
Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews-logo-51px.png Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource-logo.svg Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks-logo.svg Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote-logo.svg Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies-logo.svg Wikispecies
Spesie-indeks
Wikimedia Community Logo.svg Meta-Wiki
Projekkoördinering